GOP Insette

LANGEBAAN BELASTING BETALERS EN INWONERS VERENIGING

2012/2013 G.O.P – INSETTE

Die implementering van die G.O.P oor n vyf (5) jaar periode moet gebaseerd wees op duidelike riglyne vervat in n Dorps-ontwikkelingsplan wat professioneel afgehandeld moet wees alvorens enige implementering hetsy esteties of struktureel in aanvang neem. Hierdie Dorps-ontwikkelingsplan moet n vloeipatroon en eiesoortige karakter vir Langebaan skep wat nie net die natuurlike skoonheid en geskiedenis van die dorp laat herleef nie ,maar dit ook n handelsmerk word vir Langebaan.

A)BASIESE DIENSLEWERING EN INFRASTRUKTUUR:

Implimenteer n herseel program vir alle strate in Langebaan.Hierdie program moet oor n vyf (5) jaar periode geimplimenteer word met n prioriteits bepaling op n jaarlikse basis.

Oostewal straat deproklamering , beplanning implementering en estetiese ontwikkeling(Hierdie ontwikkelingsplan sluit nie net die gedeelte van Oostewal noord van die bree straat cruising in nie ,maar die volle lengte daarvan)

1.Steen en klip afgewerkte Langebaan verwelkomings bord op die draai langs stortings terrein.

2.Verkeers sirkels te kruisings met verhewe voetoorgange .

  1. Oostewal en Jan Ellefsen (Leentjiesklip pad)
  2. Oostewal en Antonio Sieni straat
  3. Oostewal en Sleigh straat
  4. Oostewal en Bree straat

Hierdie sirkels moet nie net eenvoudig geimplimenteer word nie ,maar daar moet maksimale estetiese waarde toegevoeg word soos verhewe keisteen padoppervlaktes met fokus punte midde elke sirkel.Estetiese detail moet met die ontwerp in aggeneem word.

3.Aanbring van rand stene aan beide kante van Oostewal straat met n fietsrybaan aan beide kante van die pad.

4.n Geplaveide voetgangerpad aan die weste kant van Oostewal straat agter die palmboom laan.

5. Beton sitbanke (x 5)langs die voetgangerpad langs Oostewal straat vanaf Bree na Antonio Sieni straat

6.Beton sitbanke op die grasperke voor die biblioteek(x 2)

7.Verhewe voetoorgang te Oostewal en Alabama kruising.

8.Geplaveide parkering met n deeglike ontwerp oorkant Spar voor die informele handels area.

9.Geplaveide parkering op die suidoostelike hoek van die Oostewal en Bree straat kruising .

10. Daar moet beplan word om die klip afwerking op mure aan beide kante van die pad soos die dorp ingekom word te skep om simmetrie te bekom.

11.n Estetiese klip en metaal heining moet aangebring word aan die oostelike padreserwe grens tussen Oostewal straat end Erf 1-3 aan die voet van die duin tot teen Antonio Sieni aansluiting.

12.Verlenging van die palmboom laning aan beide kante van die pad.

13.Aanbring van n besproeiingstelsel vir benatting van plante aan beide kante van die straat.

Bree straat ontwikkeling:

1.Verhewe voetoorgang aan die westelike einde van Breestraat vanaf die Driftwoods kant oor die verkeerseiland na die publieke toilette.

2.Beton sitbanke (x 3) aan wes einde van Bree straat.

3. Aanbring van palmbome op die verkeerseiland te Bree straat.,asook n bespreoiingstelsel vir benatting.

4.Die maksimale estetiese ontwikkeling van die verkeerseilande in lyn met die Dorps-ontwikkelingsplan..

5.Die opgradering van die helling te wes-einde Breesraat.

6.Verbinding van die sake kern te Bree straat met die parkeerarea te Dwars straat met behulp van n natuurlike verhewe houtloopbaan(boardwalk) vanaf Breestraat wes-einde tot Dwarsstraat wes-einde.

7.n Gestandaardiseerde plavei afwerking vir alle padoppervlaktes sypaadjies en parkeringareas te Breestraat.

8.Die algehele opgradering hetsy struktureel en/of esteties van Bree straat in lyn met die Dorps-ontwikkelingsplan.

Alabama straat ontwikkeling

1.Geplaveide ontspannings area aan wes einde van Alabama straat tussen sleephellings

2.Beton sitbanke te Alabama straat sleephelling (x3)

3.Geboude straatnaam aanwysers te kruising Oostewal en Alabama en Hoof straat en Alabama straat(Hierdie model kan oral in die dorp op hoofverkeers wee aangebring word.

4.Gestandaardiseerde plaveisel op alle padoppervlaktes en parkeer areas te Alabama straat.

5.Herontwikkeling van die verkeerseilande te Alabamastraat.

6. Aanplant van palmbome in Alabama straat met n voldoende bespreiingstelsel vir benatting.

7.Aanbring van dieselfde straatligte ontwerp as in Bree straat

8..Die alghele opgradering en ontwikkeling van Alabama straat as n toerismenode in lyn met die Dorps-ontwikkelingsplan.

Hoofstraat:

1.Die algehele herontwerp van Hoofstraat as n toerismeverbindingsnode met die primere gedagte van n wandelroete met ligte toerismefasiliteite aan beide kante van die straat te vestig.

2.Die verlenging van die straatligte ontwerp soos in Bree straat om die tema deur te volg.

3.Die herontwerp van beide Smit en Marra straat om tema gewys voort te vloei uit Hoofstraat.

4.Die plavei van Hoofstraat vanaf Bree straat tot aan die suid-einder daarvan te Erf 304.

5.Aanplant van n palmlaning te Hoofstraat met besproeiingstelsel vir benatting

Uitsigstraat

  1. Hertsel en ontwikkeling van die trappe te suid einder Uitsigstraat.
  2. Die aanbring van n stormwaterstelsel aan die suid einder van Uitsigstraat
  3. Die ontwikkeling van die suid einder van Uitsigstraat met toerisme as n prioriteit.
  4. Die sluiting van Uitsigstraat vir algemene verkeer en die identifisering daarvan vir die uitsluitlike gebruik deur inwoners as motortoegang tot hul eiendomme

Publieke vervoer:

1.Bou van n taxi staanplek te hoek van Jan Ellefsen en Hoof straat te Erf 1-15

2.Bou van publieke toilette te taxi staanplek

3.Bou van n werkersdienskantoor te taxi staanplek

4.Ontspannings fasiliteite (beton banke,skadu bome ) te taxi staanplek.

Bulk dienste

Stormwater stelsels

1.Daarstel van n werkbare stormwaterstelsel in Langebaan met die oog op waterherwinning .

2.Daarstel van n buffer sisteem om te verhoed dat riool stortings in die omgewing opeindig.(Geslote stelsels)

3.Dreineringstelsel van Vondeling straat en Malgas straat.

4.Dreinerings stelsel vir Noord , March en Manatokka straat.

Rioolstelsels:

1.Verskuiwing van rioollyne en stelsels naby strande na 100 meter vanaf kuslyn gebied.

2.Opgradering van telemetriese stelsels na alle rioolpomstasies.

3.Opgradering van alle elekrtiese pompstelsels.

4.Voorsienning vir rioolpomp reserwes.

5.Onderhoud en opgradering van riool stelsel te Erf 2111

Stortings terreine

  1. Oorlaai stasie met “skip houers” te stortingsterrein ingang.
  2. Elektroniese hek en toegangsbeheer by stortingsterrein ingang.
  3. Rommelvangnette te oorlaaistasie.
  4. Klip en beton vergruiseraanleg te stortings terrein
  5. Plantaardige material versnipper aanleg te stortingsterrein.
  6. Gebruikers vriendelike glas,plastiek en papier herwinningshouers te Langebaan informele handels terrein,Seaviewpark,Lagoona Mall en Club Mykonos.
  7. Genoegsame mobiele SBM vullishouers.(Vierbin stelsel)

Verkeersstelsels

1.Gebruikersvriendelike informasie borde en rigtingaanwysings borde.

2.Deeglike en duidelike straatnaam aanwysers.

3.R27 / SSK Rigting aanwyser te Park rylaan en Sunbird cruising.

4.Aanbring van strategies geplaasde bushaltes vir skoolbusse.

B)EKONOMIESE ONTWIKKELING

Ligte kommersiele sone :

1.Daarstel van n ligte kommersieele sone (park)buite Langebaan op die gedeelte Septembersklip langs stortings terreine.

2.Uitleg, diens en ontwikkeling van klein ligte industriele erwe (500 tot 1500 m/2 erwe)

3.Finalisering van Langebaan Ruimtelike Ontwikkelings Raamwerk (SDF) in orleg met die Omgewings Bestuurs Raamwerk.(EMF)

4.Herlewing van Hoofstraat as n toerisme wandel en fietsrylaan met n toerisme georienteerde besigheidskarakter.(Sien Straat ontwikkeling en Dorp-ontwikkelings Plan)

5.Voorwaardelike vervreemding van informele handelsarea gronde vir die skep van n toerisme vriendelike besigheidssentrum.

6.Ondersoek die daarstel van n inligting sentrum en kunsstalletjie

C)SOSIAAL MAATSKAPLIKE ONTWIKKELING

1.Identifisering en daarstel van middelinkomste behuising erwe van 300 tot 500 m/2

2.Uitrusting en personeel vir werkershulp kantoor te taxi staanplek.

3.Algemene onderhoud op biblioteek gebou bv verfwerke en kewers in hout deure.

4.Rakke, liaseerkabinette,tafels,kennisgewingsborde,rakgidse vir biblioteek gebou.

5.Onderhoud op lugversorging vir biblioteek gebou.

6.Nuwe meubelement vir biblioteek

7. Rekenariseer die biblioteek met internet toegang en WiFi fasiliteite.

8.Opgradering en omskakeling van Seabreeze park se dag kampeer terrein na n karavaan en tente staanplek.

9.Ondersoek die bekomming en daarstel van n museum.

10.Instandhouding van Munisipale gebou te Breestraat asook Langebaan Gemeenskapsale.

GESONDE EN VEILIGE OMGEWING

1.Permanente verkeers en wetstoepassings beamptewerk saam en woonagtig te Langebaan

2.Beveiliging van Erf 2111 in terme van omheining te wit grondpad.

3.Skoonmaak en onderhoud van Langebaan water reservoirs op n jaarlikse basis.

4.Daarstel van n stelsel wat as buffer kan dien sodat riool stortings nie in die omgewing beland nie .Retensie strukture om rioolpompe.

5.Omheining van Erf 1-3 se duine area.

6.Afkamping van duine te Erf 1-13

7.Die opbreek en rehabiltasie van die Seabreeze Park karavaan staanplekke aan die noordekant van Erf 1-12.(die gedeelte wat jaarliks wintermaande onder water staan)

8.Onderhoud en opknapping van Langebaan Gemeenskaps Saal te Sufferen straat

9.Onderhoud en opknapping van Seabreeze saal.

10.Oordeelkundige en strategiese plasing van vuilgoed houers.

11.Goedkeuring van n voertuig valhek te suid einde Uitsigstraat (Erf 596-2)

12.Klipmuur met metaaltralie afwerking te westelike asook oostelike hoek van Antonio Sieni en Oostewal straat.

13.Paalheining te kruising Oostewal en Sleigh straat op padreserwes

14.Openbare toilette te wes einder March straat.

15.Installering van waterbesproeiings stelsels te Karavaan parke.

16.Honde dipbad en aanverwante fasiliteit op n geskikte perseel.

E)BEWAAR EN BESTUUR VAN NATUURLIKE OMGEWING

1.Skoonmaak en onderhoud van dam te Erf 1-2

2.Skoonmaak en onderhoud op stormwaterkanaal te Erwe 1963 en 1964

3.Ontwikkeling van natuurpark te Erf 1-2

4.Bome aan Bree straat noord einde

5.Plant van Bome te Oostewal straat

6. Voetganger “boardwalk” vanaf Erf 1-17 na Bree straat voor Scapensight wooneenhede.

7.Plante en tuin te oostelik hoek van Antonio Sieni en Oostewal straat.

8.Bou van voetganger paadjies te Erf 2111 na strand gebied .

9.Beton plant houers te verkeerseiland in Bree straat.

10.Aankoop en ontwikkeling van Erf 1551 as n sentrale park met doel om stormwater opgaardam te ontwikkel(Sien Cenral

park otwikkelings plan vir spesifieke besonderhede.)

11.Ontwikkel Endersteinstraat as ontspanningspark/parker fasiliteit.

12.Ontwikkeling van benutbare Openbare ruimte in gebruikers vriendelike park en algemene onstpannings area om publieke oopruimte te vestig en te benut.

13.Ontwikkel Erf 3197 as n omheinde stormwater retensie dam met park eienskappe.

14.Plasing van beton parkbanke te alle publieke benutbare oopruimtes.

Die bogenoemde besonderhede is riglyne ,maar nie beperk daartoe nie en moet in die konteks gesien word van die omvattende Dorps-ontwikkelingsplan in die geheel en individuele terreinontwikkelingsplanne van spesifieke projekte binne die omvattende Dorps-ontwikkelingsplan.

Beide die Dorps-ontwikkelingsplan sowel as individuele terreinspesifieke ontwikkelingsplanne sal eers geskep moet word alvorens met die implimentering van hierdie projekte begin sal word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>